
=====================================================================
As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


As die taal se vure kom uitbrand

Hans du Plessis, skrywer van die eerste drama in Griekwa-Afrikaans -- Broerse -- gesels oor di Afrikaans "wat te lank in die buitekamer 
opgesluit was".

HOE s 'n mens in duisend woorde dit waarvoor jy eintlik duisende woorde nodig het? Die Afrikaans van die Griekwas laat hom nie in bietjie 
woorde s nie, want hy staan nie in boeke nie, steur hom nie aan spelrels nie en loop leen nie by Ingels nie. In elk geval: as jy kort 
moet s wat lank ges moes gewees het, s jy maklik verkeerd.

Miskien is dit dan beter om by die begin te begin, die begin van Afrikaans, want sy geboortedatum is lank voor 1875, en sy ma is baie meer 
as net Hollands. Nie dat 'n mens daarmee die belang van die GRA ontken nie; nie dat ons sonder Hollands in die lewe sou gekom het nie. Dis 
net dat 1652 se mense vroeg-vroeg die Koi ontmoet het, en die Koi moes maar (omdat hulle die gekoloniseerdes was) Hollands praat, of hulle 
nou gewil het of nie. Later moes die slawe ook Hollands gepraat het. Skeef en krom, maar hulle het sonder Hollands nie eintlik 'n s gehad 
nie ... by wyse van spreke, sien.

Toe is daar van vroeg af drie Hollandse: Hollandse Hollands, Koi-Hollands en Slawe-Hollands. Die boeretrekke vat Hollandse Hollands 
Oosgrens toe en oostelike binneland toe. Die slawe bly saam met hulle Hollands met die Oosterse spesrytjies by in die Kaap, en die Koi-
Hollands pak sy Europese goeters in 'n Afrika-bondel en loop Weskus op, weg van die Engelse Kaap af.

So staan hulle vandag nog: Transvaalse Afrikaans, Kaapse Afrikaans en die Koi-een is Oranjerivierafrikaans.

En een van die Oranjerivier se Afrikaanse kom saam met Adam -- die goewerneur se vrygelate kok -- Dam en sy mense doer lankal uit Saldanha 
se wreld in Klaarwater aan. Later noem hulle die plek Griekwastad en hulle noem hulleself Griekwas.

Griekasse, eintlik, want hulle Afrikaans het sy eie Afrikageit behou: in woordeskat, fonologie, morfologie, sintaksis en semantiek. 
Geleerde woorde wat wil s dat Oranjerivierafrikaans 'n subdialek het wat anders is as die standaardvorm van Afrikaans. En dialek en 
subdialek het geen negatiewe tassie in die hand nie; dis net anders. Mooi anders.

Want in Griekwa-Afrikaans sit daar 'n annerlike mooi, 'n ietsigheid wat smaak of dit tussen die duine in die strate geboor het. Dis anders. 
Dit weet nie van opsmuk nie, dit ken nie pretensie nie. Dit leef in die monde van mense wat met mekaar moet praat om te kan oorleef, en met 
die Here moet kan gesels om die sen van sy harde stuk aarde raak te lewe.

Die taal het nie asem om te mors nie; tierlantyntjies kan jou s te swaar maak vir die son wat opslagstrale oor die panne brand. Daarom s 
jy in di stuk Afrikaans wat jy te s het. En jy sal vir hom uitken, want hy s Afrika se hart raak, want sy tonge klik van hoeka af op 
Afrika se maat. En hy vat die voetpad tussen die doringse deur, en hy loop s die siel se dinge in die lyf se woorde.

Vir te lank is Afrikaans gedefinieer as Standaardafrikaans. Ons was in ons akademiese besigwees met Afrikaans miskien te beperk tot die een 
enkele dialek: Algemeen-Beskaafd, en ons het geglo Standaard is sinoniem aan suiwer, al kon niemand nog ooit suiwer suiwer omskryf nie. In 
ons taalbewegings na 14 Augustus 1875 was die bewusmaking, die stryd en die handhawing beperk tot aandag aan die normdialek. Hierdeur is 
die grootste gedeelte van die Afrikaanse taalgemeenskap uit sy eie erfdeel uit gedefinieer.

En ons het vir lank die juwele se bestaan gegnoreer.

Dit is die pionierswerk van 'n taalkundige soos Christo van Rensburg wat Afrikaans se kraalhekke weer kom oopgooi het, en nou, noudat 
Afrikaans vry begin asemhaal, kan ons sy hele wonder begin sien.

Die Afrikaans van die Griekwas is daarom maar een van die variteite van Afrikaans, maar in sy wese het dit relatief goed bewaar gebly, 
amper gepreserveerd omdat die kontak na buite toe beperk was. Juis hierin het die skat bewaar gebly, want saans om die vure het hy geklink. 
In die nagte onder die Suiderkruis kon hy vry van die moderne media sy eie leef leef.

Maar saam met ontwikkeling kom ook die afsterf van die bewaarde wonder, en die vure is besig om dood te gaan, want die neon begin tot in 
die uithoeke ook te skyn.

Ons gun die uithoeke die lig, maar daar is iets van die oerheid van Afrikaans wat sku is vir die lig wat deur koperdrade kom.

Baie van die mooi in die taal self en die mooi in hoe hy kan s, wil in die kunsmatige lig nie meer blink soos onder die sterre nie en vuur 
het die gewoonte om in die televisie se lig dood te wil smoor.

Daarom moet daar geskryf word in die vuurvorme van Afrikaans, opgeskrywe word voordat dit nie meer daar is nie.

Die vriendelike taal leef in die baie monde wat op Afrikaans glimlag, maar daar was in die verlede vir min iets om oor te glimlag. Daarom 
l die voortbestaan nou ook daarin dat ons vir al ons monde die reg van lag en die reg van vry s verseker. Hierin sit die taak van die 
bevorderaar van Afrikaans: om die grootsheid en die rykdom en die verskeidenheid saam te vat toekoms toe en die toekoms van 'n taal l in 
die vermo van sy mense om die wonder van God talig te herskep. Dr. Hans du Plessis is hoof van die ATKV se Skryfskool aan die 
Potchefstroomse Universiteit vir CHO.

* Ons maens is loutere Griekasse.
* Toe't die kar nou loop verongeluk.
* Jou kar sallie loop staan nie.
* Ek het gebore op Elandsfontein.
* Daar sal jy nou loop dood.
* Jy moet nog bekeer om te saam God wees.
* Daar wat meneer-goed nou gewas het.
* Voor wat sal hy so vinnig staan ry?
* Jy moet die klipperse breekslat.
* Hy't hulle se bokke plat geverkoop (alles verkoop).
* Ek in ou Kaattjie't gevat mekaar in geg.
* Jy kry net drie dae kopseer dan dood jy.
* Toe vertrek die krel se asem (hy sterf).
Uit die RGN-verslag onder redaksie van prof. M.C.J. van Rensburg   (1984): Die Afrikaans van die Griekwas in die tagtigerjare.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av434.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

